Enough, enoughsa, enough sa, enough SA, Genoeg, genoegsa, genoeg sa, genoeg SA, South Africa, Suid Afrika, sa, SA

Home / Tuiste

Book / Boek

Author / Outeur

Order / Bestel

Facebook

Speak to Author /

Praat met Outeur

Beskrywing van Boek:

 

Hierdie boek gaan oor die genesing en herstel van ‘n land wat op sy knieë is. Ten spyte van die vroeë beloftes van Suid Afrika se jong demokrasie, lyk die horison nie baie goed nie soos ons staan as ‘n nasie in nood vir genesing en restorasie.  Mense twyfel en wonder of ons ooit ‘n gesonde demokrasie gaan hê met sterk opposisie. Miskien is dit die punt: Wáre verbetering en genesing in Suid-Afrika lê in wese nie in politieke hande nie, maar eerstens en hoofsaaklik in geestelike transfomasie. God wil met alle Suid Afrikaners praat – Xhosas, Zulus, Sothos, Indiërs, Afrikaners, ens. Genoeg Suid Afrika

 

In 1994 was daar ‘n politieke transformasie; nóú is ‘n geestelike transformasie meer nodig as ooit. In net meer as 20 jaar het die land beweeg van veranderingseuforie na ekonomiese en sosiale oplewing, tot ‘n dramatiese afplatting en wye teleurstelling. Dit voel asof ‘n bonatuurlike ingryping die enigste hoop vir die land is. Ironies genoeg, bring dit perspektief: Dat God ons HOOP is en dat ‘n kragtige werking van Sy Gees nodig is om ons land uit ‘n moeras van morele en geestelike armoede te ruk.

 

Die verval is GENOEG! SA gaan miskien noord, maar ons mis ware noord. Êrens moet die gety draai. God wil daarom kragtig deur mense in SA werk. Reeds is gebed dringend aan’t toeneem reg oor SA, tesame met duisende wat by Mighty Men-konferensies bymekaar kom, wat toon dat geloofserns optel. God is aan die beweeg. God se orde was nog altyd dat geestelike transformasie gesonde politieke en ekonomiese transformasie voorafgaan hoeveel te méér is dit nie in SA nodig nie. Dit kan nie andersom werk nie en ons sien dit in die toestand waarin die land is.

 

Hoop Suid AfrikaMense se harte moet éérs verander voordat hulle denke en besluite verander.Die Afrikaner is ‘n goeie voorbeeld van hoe hierdie les die hardste geleer was deur die boosheid van Apartheid -soos wat hy nou weer moet terugkeer na sy oorpronklike roeping  in Afrika. Die Afrikaner, in besonder, bevind hom nou in ‘n tydvak waar hy nie meer seker is wat sy rol en doel in die land is nie. Hy het in 360 jaar volsirkel geloop op sy pad na vervulling en betekenis. Dit, nadat God 100 jaar gelede aan SA ‘n opdrag, ‘n antwoord uit Sy Woord deur ‘n regverdige leier gegee het, waarvan min weet. Dis verontagsaam en nou lyk ons pogings verniet - veral nou, 70 jaar ná Apartheid vir die eerste keer goedgekeur is.

 

Die ANC was gestig in 1912 deur sy leiers wat op hulle knieë gebid het tot die lewendige God. Dís waarom ons moet uit kom by ‘n beter verstaan van hoekom die land ons NODIG het; hoekom God ‘n plan met ons het, en met ál die mense van SA. Wanneer die mens sy geestelike betekenis vind en daardie kompas volg, begin die res in plek val. Die Waarheid is: Suid-Afrika hét verandering nodig. Suid-Afrika het Goeie Nuus nodig om te verander vir goed! Hierdie boek is daardie goeie nuus wat hoop bring vir Suid Afrika. Dis waarom dié boek spreek tot die kern van sake in die land en dit wat nóú van kritieke belang is. Dis alles behalwe verby met SA! Die tyd het gekom! Genoeg!

 

 

Home / Tuiste

Home / Tuiste

Book / Boek

Book / Boek

Powered by 12mm Creative Designs

Facebook

Facebook

Speak to Author /

Praat met Outeur

Speak to Author /

Praat met Outeur